Local newsNews

#Leer ‘n Teiner ken 63 – Nadia van der Berg

Die 63e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Nadia van der Berg, 38, het gedink sy kom net ‘n uitgawe van die Herald haal. Toe sy weer sien vertel sy vir die gemeenskap meer oor haarself.

Nadia bly in Randfontein vandat sy nege jaar oud is. Sy is ‘n weduwee met twee kinders – ‘n seun, 11, in Laerskool Randfontein, en ‘n dogter,14 in Hoërskool Riebeeckrand.

Nadia help haar ouers met hul besigheid maar is ook kreatief. Sy verf motiewe op hempies en babaklere, en verkoop dit dan. Die verf dop glad nie af nie, het sy vertel.

“Ek mis die swembad en Riebeeckmeer se aktiwiteite wat ons geniet het toe ek jonger was. Ek wens daar was meer vir die kinders om hier te doen, soos films kyk of ‘n ysskaatsbaan,” het Nadia gesê.

Nadia lag terwyl sy vertel hoe sy en haar vriendinne op sportdae gebank het om by Da Vinci te gaan pizza eet. Hulle gesin is net so lief vir Johnny’s Cafe se slaptjips. Nadia is ‘n natuurmens wat hou van die bosveld, berge en diere.

Sy is Italiaans, en haar moto in die lewe is, “Don’t judge me. I am who I am.”

Die naam wat sy haarself in Randfontein sou gee, is Belladonna Nadia, of Naadz, soos haar vriende haar sal noem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button