Ons eie Ruiter van die windjie

Martinez se liefde vir perde het ontstaan toe sy die eerste keer aan 'n perd geraak het.

Martinez Olivier, 13, ‘n Graad 8-leerder van Hoërskool Riebeeckrand het onlangs met die Herald gesels oor haar liefde vir perde.

“Ek het begin perdry toe ek drie jaar oud was. My ma het my geleer,” het sy vertel. Haar liefde vir perde het ontstaan toe sy die eerste keer aan ‘n perd geraak het.

Sy gaan binnekort aan die Nasionale Skoleperdesportvereniging se kompetisies begin deelneem, wat ook as ‘n skoolaktiwiteit beskou word.

Matinez het nie ‘n bang haar op haar kop wat perde betref nie. Foto ingestuur.

Sy ry elke dag ‘n uur lank, en spandeer baie tyd saam met Magnitude. Sy roskam hom, voer hom en sorg dat hy elke vyf weke nuwe perdeskoene kry. Die tandarts kom ook na die stalle toe om Magnitude se tande te versorg. Martinez wil self eendag ‘n veearts word.

“Toe ek ses was, het ek die eerste keer aan ‘n Arabier-skou deelgeneem. Daar het ek twee eerste plekke en ‘n derde plek behaal,” het Martinez trots gesê.

“In 2013 het ek erg seergekry in ‘n perdryongeluk. My skedel was agter in die middel gekraak, my wangbeen was gekraak en my linker oortrom het gebars,” het sy vertel. Dit het haar glad nie van die sport afgeskrik nie.

Marinez op Magnitude se rug. Foto ingestuur.

“My perde is my lewe en hulle sal dit altyd bly,” het sy sag gesê.

Die Herald-joernalis het dit op Martinez se pragtige perd – Magnitude – se rug gewaag, maar dinge het ‘n bietjie skeefgeloop toe die joernalis se broek aan die draad vasgehaak het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version