Jannas se opedag vol verrassings

Hoërskool Jan Viljoen se opedag was vol verrassings vir 'n klomp Graad 7-leerders.

Groot opwinding en ‘n interessante inligtingstoer het op die Graad 7-leerders van Randfontein gewag toe hulle verlede maand by Hoërskool Jan Viljoen gekuier het.

Die Graad 7’s het na hulle asems gesnak terwyl die J-squad, Jannas se pom-poms, hulle met energieke danspassies vermaak het.

“Daarna het die Graad 11-leerders hulle op ‘n begeleide toer na verskeie lokale geneem. Dit het dié vir Visuele Kuns, Verbruikerstudies, Lewenswetenskappe en Rekenaartoepassingstegnologie, asook Jan Viljoen se spesialiteitstudierigting – die tegniese werkswinkels – ingesluit,” het Tammy Papin, die skoolwoordvoerder gesê.

Hulle kon ook waarneem hoe ‘n oog gedissekteer word. Foto; Ingestuur.

Die voornemende Graad 12’s van 2023 was verstom om te sien hoe ontbranding in ‘n enjin plaasvind. Hulle kon ook waarneem hoe ‘n oog en long gedissekteer word en die funksies van hierdie organe prakties ervaar.

Verder was daar natuurlik ook innerlike versterking en pretaktiwiteite waaraan die leerders kon deelneem. Hulle kon ‘n voorsmakie kry van die Jannas-familiegevoel en die skool se onblusbare gees.

“Die Graad 7’s se ouers het ook die geleentheid gehad om twee inligtingsaande by te woon, waartydens alle vrae, verwarring en vals gerugte rondom die skool uitgeklaar is,” het sy verder vertel.

Van die voornememde Graad 7’s saam met die huidige leerlinge van Hoërskool Jan Viljien.

Sarel Steyn, Jannas se hoof, herinner voornemende ouers daaraan om voor die sluitingsdatum, 28 Mei 2018, deur die aanlynstelsel te registreer om sodoende hul kind se plek vir 2019 te verseker.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version