Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #61 – Hennie Homann

Die 61e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Hennie Homann, 65, is genomineer om dié week se Teiner te wees. Die Herald het lekker met hom oor sy lewe gesels.

Hennie is ‘n musiekkunstenaar wat karoake aanbied, kitaar speel, sing en al sy eie liedjies skryf. Sy passie is om op te tree en met die gehoor interaksie te hê. Hy tree gereeld op by troues en geleenthede, drinkplekke en selfs Fantasy Farmland.

Musiek en sport is sy lewe en hy sing reeds sedert 2004. Sy musiekloopbaan het afgeskop terwyl hy nog ‘n vennoot in ‘n voertuigonderneming was.

Sy suster hom aangespoor om ‘n musiekstelsel te koop waarmee hy rondgespeel het. Daarna het hy ‘n musiekkontrak gekry, en na vier maande voltyds musiek begin speel. Een van die liedjies wat hy geskryf het, die hartroerende Middelman, handel oor ‘n vroutjie wat by ‘n verkeerslig met haar twee kindertjies in die koelte sit.

Hennie het definitief ‘n groeie humorsin en het vertel hoe hy Steve Hofmeyr eendag uitgevang en laat lag het. Hennie is baie lief om voor kinders op te tree want hulle begin kort voor lank dans.

Die plek waar hy sou wou bly of vakansie hou, is die Wes-Kaap. Hy is verloof aan Petro Newman en het twee seuns. Petro sing self pragtig.

Sy gunsteling sangers is Steve Hofmeyr en Neil Diamond. Hy is lief vir Randfontein want dit is rustig en die mense is plat op die aarde. Hennie is ‘n pizza-man en verkies die see bo die bosveld.

As hy homself ‘n ander naam in Randfontein kon gee, sou dit ‘Stoutgat Hennie’ wees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button