Local newsNews

Oorvloed van vroetellappies vir Alzheimer-pasiënte

'n Randfontein-inwoner en haar span het onlangs oor die 40 vroetellappe aan Alzheimer-pasiënte oorhandig.

Inwoners van Tulbach Huis in Wheatlands is onlangs met liefde oorweldig. Drienie van As, ‘n bekende naaldwerkster van Randfontein en haar span het vroetellappe aan die Alzheimer-pasiënte daar oorhandig.

“Dit was aanvanklik my 2015-projek. Ek wou net 10 maak, toe word dit 20. Maar in 2018, drie jaar later, het ek besef dat ek nie baie vaardig met ‘n naadwerkmasjien is nie en toe besluit om dit ‘n gemeenskapsprojek te maak,” het Drienie vertel.

Die trotse span van Drienie van As wys die vroetellappies wat hulle gemaak het. Foto: Ingestuur.

“Ek was verras toe 10 vroue by ‘n vergadering oor die saak by Grootjie se Kombuis opdaag. Binne die bestek van ‘n maand het my alleenpoging van 17 vroetellappies 41 geword.

“Die goedjies op die lappe word stewig vasgewerk en die Alzheimer-pasiënte vroetel dan daarmee en hou hul hande besig. Die inwoners van Huis Tulbach was baie dankbaar,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button