Local newsNews

Vogelstruisfontein-veiling reuse-sukses

Vee van goeie gehalte is gelewer by Agri Auctions Vogelstruisfontein se lewendehawe-veiling.

Daar is uitgehaal en gewys tydens ‘n lewendehawe-veiling by Agri Auctions in Vogelstruisfontein, Randfontein op Woensdag, 18 April.

Volgens Alex Wray, een van die eienaars van Agri Auctions het boere van Randfontein en omliggende gebiede vee van goeie gehalte gelewer. Daar is van speenkalwers, A-graad (gevoerde beeste) tot C-graad (veldbeeste) van die hand gesit. Onder andere Bonsmaras (vleisbees), Brahmane (vleisbees), Jersey-koeie (melkbees), vrieskoeie (melkbees) en kruisrasse het onder die hamer gekom.

Van die bokke wat te koop aangebied is.

Die swaarste bees was ‘n 825kg Brahmanbulkruising en die gemiddelde gewig van A-graadbeeste was ongeveer 440kg. Die gemiddelde speenkalfies het die skaal op nagenoeg 230kg getrek.

“Boere was baie tevrede met die pryse en kopers van al die omliggende slagpales het bygedra tot die sukses van die slagbeesomset. Voerkraaleienaars van so ver as Groot Marico in Noordwes het die veiling bygewoon en daartoe bygedra dat goeie pryse vir speenkalwers behaal is.”

‘n Kalfie wat aangebied is.

By die kleinvee, het Alex gesê, het die A-graadlammers ook die slagters gelok. Wat die varke aanbetref is goeie pryse behaal alhoewel dié pryse onder druk is weens die listeriose-uitbreking.

Vir die Herald was dit duidelik dat veilings belangrik is. Alex het dit so verduidelik: “‘n Veiling is belangrik vir boere om hul lewendehawe te bemark. ‘n Klomp kopers kompeteer met mekaar om die hoogste prys te betaal vir goeie vee teen ‘n merkwaardige prys.

‘n Lugfoto van Agri Auctions se veilingwerf in Vogelstruisfontein.

“Ons wil net al die kopers en verkopers bedank vir die goeie kwaliteit van die vee wat gekoop en verkoop is.”

Veilings word elke Woensdag gehou.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button