VIDEO: ‘n Rioolprobleem om van naar te word

Inwoners van Kocksoord kan nie eers eet nie weens die erge reuk van 'n verstopte drein in Kerkhofstraat.

Kocksoord sit met ‘n ernstige rioolprobleem.

Volgens Cecelia Brits, wat in Kerkhofstraat woon, is ‘n drein op die hoek van die straat langs ‘n parkie verstop, en met talle kinders in die omgewing is die probleem nie net ‘n gesondheidsrisiko nie – die reuk is so erg dat jy naar word.

Inwoners sê iets moet gedoen word omtrent die rioolprobleem. Foto ingestuur.

Sy, asook ander inwoners in die straat, het telkemale die probleem onder die munisipaliteit se aandag gebring, maar sonder sukses.

“Ons eet met swaar harte. Die drein is seker al vir twee maande so as dit nie langer is nie. Ons sal almal bly wees as iemand iets kan doen omtrent die situasie.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version