Organisasie wys hul liefde

Multi Charity, 'n liefdadigheidsorganisasie het onlangs na minderbevoorregte bejaardes en kinders uitgereik.

Die organisasie Multi Charity het weer hul liefdadigheidsvlerke gesprei en na minderbevoorregte bejaardes asook kinders uitgereik.

Monica en haar man, Craige Lancellas het Dick Powell Villas op Saterdag, 7 April besoek en kospakkies, lekkers en klere uitgedeel.

“Die feit dat die ontvangers hande geklap en gelag het, spreek boekdele,” het Monica vertel.

Daar was ‘n Christelike boodskap en ‘n kruis op elke kospakkie sodat die mense die boodskap kan lees as motivering en inspirasie wanneer hulle moedeloos voel.

Die kospakkies met die kruise en Christelike boodskappe op. Foto ingestuur.

Volgens Monica doen hulle dié tipe liefdadigheidswerk twee keer ‘n maand.

Dit is die paartjie se passie om te probeer help waar hulle kan. Monica het bygevoeg dat die behoefte in Randfontein baie groot is en dat hulle glo dat elke bietjie ‘n verskil maak.

Multi Charity bestaan nagenoeg 18 maande.

“Ons motto is om liefde aan Randfontein te betoon,” het Monica gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version