Local newsNews

Pragtige voertuie en skoonhede by Oval Track

Op Saterdag, 7 April, was daar net een plek om te wees – die Randfontein Oval Renbaan.

Op Saterdag, 7 April, was daar net een plek om te wees – die Randfontein Oval Renbaan. Die Ben Morgenrood V8 Flexi Challenge en pretdag is daar gehou.

Die weer het lekker saamgespeel en was perfek vir dié groot geleentheid. Ben en sy span het uit hulle pad gegaan om die dag so lekker as moontlik te maak. Daar was toutrek, varkvang, kussinggevegte, hoenderhaanskop en staalbad.

Die Connie Mulder-inwoners wat aan die toutrek en atletiek deelgeneem het, het ook die staalbad terdeë geniet. Verder was daar eiergooi wat Mapogo Sekuriteit gereël het. Sakresies, paalklim, bakkietoutrek, ‘n springkasteel vir die kinders, ‘n waterglybaan en natuurlik die Mev/Mej en Mnr Randfontein Oval-kompetisie in verskillende kategorieë was beslis trekpleisters.

Die Ben Morgenrood-groep het hul voertuie uitgestal, so ook Elize Wessels en haar man, Peet, wat met hul pronkstukke gespog het. Een van die motors wat hulle ten toon gestel het, is 92 jaar jaar oud.

Johan de Klerk was die aanbieder en hy het ook gesing. Die bekende Linda Killian en Alida van Andre Killian Mad Entertainment was twee van die kunstenaars wat die aanwesiges vermaak het.

Die Connie Mulder-inwoners was reg vir die toutrek en atletiek.

Randfontein kan trots wees op die pragtige vroue, jong meisies en mans wat deelgeneem het aan die Mej, Mev en Mnr Randfontein Oval Raceway 2018-kompetisie. Angeline Swanepoel is as Mev Randfontein Oval Raceway aangewys, die eerste prinses is Amanda Willemse en die tweede prinses is Sandra Oberholzer.

Simoney Barhuizen is Mej Senior Randfontein Oval Raceway, die eerste prinses is Kayla Swanepoel en Nikita Nell is die tweede prinses. Mnr Senior Randfontein Oval Raceway is Kyle du Plessis. Mej Teen Randfontein Oval Raceway is Abigail Oosthuizen, die tweede prinses is Isabel Britz en die derde prinses is Michandri Coetzee.

Meneer Little Randfontein Oval Raceway is Stian Smit en die tweede prins is Liam Smyth. Mej Petite Randfontein Oval Raceway is Nadeoné Coetzee, die eerste prinses is M’landi Mari Smit en die tweede prinses is Lily Pelser.

Meneer Petite Randfontein Oval Raceway is Wian Greeff.

Om 6nm het die enjins begin brul. Die hoogtepunt was natuurlik die V8 Flexi Challenge. Ben het die eerste plek in die Flexis behaal, CJ Bitzer was tweede, en in die derde plek was Charlie Rothman. In die 2100-kategorie was Gideon van Zyl eerste, Morne Nel tweede en Francois van der Merwe derde.

Die HotRods het vir baie opwinding gesorg met Albert van der Westhuizen eerste, Pierre Lubbe tweede en Johan Knoetze derde.

Nywan Minnaar in aksie op die waterglybaan.

In die Kiddies-afdeling het Stian Smit as die wenner weggestap, terwyl Gavin East tweede was. Die wenner van die Mini Flexis was Bee Bee Rothman, tweede was Christiaan Rothman en in die derde plek was Albert van der Westuizen Junior.

Die Ninjas-wenner was Helgaard Westraad, tweede was Martin Nel Jnr en derde was Deon Coetzee Junior.

Unus Yocobs het die Stockrods-afdeling gewen, André Pretorius was tweede en Stephen Potgieter was derde.

Die vroue het nie teruggestaan nie en in die Quads Ladies-kategorie was Angeline Swanepoel die wenner, Landie de Vries was tweede en Jolandi Kleyn derde. In die Quads 450-kategorie was Michael Bosman die enigste deelnemer. Die Super GoKarts is gewen deur Robbie Roberts, Hennie Strydom was tweede en Kaylee Roberts derde.

In die 1660-kategorie is Ryno Trichardt die wenner, tweede was Amar Forhaan en derde Ludi Schnelle. In die V8 Midgets-wedren was Shaun de Koker eerste en Jan de Bruyn tweede. Roelof Wolvaardt het die kroon in die 16V Midgets-kompetisie verwerf.

Lizelle de Klerk en Andre Killian van Mad Entertainment, wat die musiek verskaf het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button