Leer ‘n Teiner ken #59 – Simoné de Witt

Die 59e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Die Herald het op 11 Maart met die beeldskone Simoné de Witt gesels. Sy is ‘n studentonderwyser by Laerskool Randfontein.

Simoné bly al 22 jaar lank in Randfontein, en is reeds drie jaar as ‘n student by Ram betrokke waar sy elke oomblik geniet. Sy wil graag in Natuurwetenskappe onderrig gee.

Simoné is ‘n finalis in die Mej en Meneer Randfontein-kompetisie. Die kroning vind op 28 April plaas.

Sy was ook in 2007 ‘n finalis in Mej Junior Suid-Afrika-kompetisie.

“Die rede waarom ek deelneem is dat ek graag Randfontein ‘n beter plek vir ons kinders wil maak deur organisasies te ondersteun wat bereid is om kinders in nood te help,” het sy gesê.

Sy geniet dit om tyd saam met haar familie deur te bring en by die nuwe gim te gaan oefen. Haar gunstelingkos is Wimpy se Mega Breakfast en sy is ook baie lief vir Afrikaanse musiek.

Simoné het vertel dat sy definitief ‘n see-mens is, want dit maak haar rustig. Haar motto in die lewe is, “Never let the world change your smile, let your smile change the world”.

Sy wil die heel graagste die plek besoek waar Jesus weer opgestaan het.

In antwoord op die vraag oor die bynaam wat sy haarself sou gee, het Simoné gesê, “My kêrel noem by Simonétjie of Hommelbytjie”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version