Little Angels Dagsorgsentrum het Paasfees op die tradisionele manier gevier.
Om te begin, het die kleuters paaseiers gesoek en foto’s geneem. Party het ook soos hase aangetrek.

“Ons by Little Angels vier elke dag Paasfees, nie net een keer ‘n jaar nie. Ons kindertjies word daagliks geleer van die Here, nie net in Afrikaans of Engels nie, maar ook in Tswana,” het Chevonne Buitendag, skoolhoof en eienaar van Little Angels gesê. Twee gebede wat hul daagliks in hierdie tale opsê is, “Ek is klein, kom was my hartjie skoon”, en “Dankie Jesus vir ons kos, seën dit.”

“Ek as skoolhoof en eienaar is baie trots op my span wat so saam werk om ‘n verskil in elke kindjie se lewe te kan maak. Dit is vir ons ‘n groot voorreg,” het Chevonne verder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



