Dankie Wilmar SA (Pty) Ltd!

Daar is nou 'n spesiale parkeerterrein vir die trokke, die brug is herstel, en die ergste slaggate is uitgesorteer.

Nadat die Herald in November 2017 met Leon Niemand, algemene bestuurder van Wilmar SA (Pty) Ltd gesels het oor die paaie en trokke om hul perseel, het hulle hul belofte nagekom

Ellik de Lange, Demokratiese Alliansie (DA) Raadslid van Wyk 6, het die Herald genader om ‘n spesiale dankie aan Niemand en Wilmar SA (Pty) Ltd te sê.

“Na al die probleme, ongelukkigheid en klagtes van die gemeenskap, is dit wonderlik om te sien dat dié probleem uitgesorteer is, sê De Lange.

Ellik de Lange, DA raadslid van Wyk 6, sê baie dankie aan Niemand en Wilmar SA (Pty) Ltd.

Nadat die Herald met Peter Mathebula van die Departement van Infrastruktuur van die Rand West Local City Munisipaliteit gesels het, het hy vir Niemand gesê

Wilmar SA(Pty) Ltd kan voortgaan met die verbeteringe.

Daar is nou ‘n spesiale parkeerterrein vir die trokke, die brug is herstel, en die ergste slaggate is uitgesorteer.

Daar bly egter nog ‘n klomp dinge oor wat so gou as moontlik deur die Rand West Verkeersafdeling gedoen moet word, onder meer die volgende:

Die korrekte verkeerstekens moet nog opgerig word, die wit strepe moet duidelik gemerk word, en daar moet stoptekens by die brug geplaas word.

Die Herald sal opvolg met die Rand West Verkeersafdeling, sodat hulle dit so gou moontlik klaar maak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version