Local newsNews

#Leer ‘n Teiner ken 57 – Frieda du Rand

Die 57e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel

Frieda du Rand, 72, het haarself op 27 Maart aan die Herald voorgestel. Sy wil dit graag by die gemeenskap tuisbring dat ‘n positiewe ingesteldheid van die uiterste belang is.

Frieda woon al 36 jaar in Randfontein. Sy was haar lewe lank ‘n huisvrou wat na haar sewe kinders omgesien het. Twee van haar seuns is reeds oorlede.

Sy en haar eerste man het ‘n gelukkig huwelik gehad maar hy is oorlede toe hulle nagenoeg 30 jaar getroud was. Sy is twee jaar later weer getroud en het weer geluk ervaar, maar haar tweede man het haar ‘n jaar en vyf maande later ontval.

Sy was saam met albei haar lewensmaats baie betrokke by die kerk, en Frieda is steeds baie gelukkig in die Ou Apostoliese Kerk in Greenhills. Die gemeente lê haar na aan die hart.

Sy is baie trots op haar 17 kleinkinders en twee agterkleinkinders. Sy waarsku dikwels die jeug teen losbandigheid, rook en drank, en wil mense help om hul lewens te verander. Sy is ‘n omgeemens, en gee gereeld vir honger inwoners kos. Dit is vir haar belangrik dat mens altyd jou bed moet opmaak voor jy uit die huis gaan. Dit is ‘n teken dat ‘n nuwe dag aangebreek het.

As sy êrens in die wêreld sou kon gaan vakansie hou, sou dit New York wees, het Frieda vertel. Haar gunstelingkos is vis, sy verkies die bos bo die see en luister graag na countrymusiek. Sy is baie lief vir Randfontein se mense, en beskou hulle as baie vriendelik.

Sy het groot respek vir Marcelle Mans vir die moeite wat sy doen om die Randfontein Skou te laat slaag, en ook vir Rina Hubbert wat haar naels altyd so pragtig versorg.

Haar motto is “Live life, laugh a lot, and love life!”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button