Groot modelgeleentheid vir jong dames van Toekies

'n Ma en dogter van Toekies het 'n passie vir hul gemeenskap en het 'n modelgeleentheid in Mei gereël.

Rozetta Patrick, 41, is al sedert 2016 Mev Toekomsrus. Vir haar is dit belangrik om Toekomsrus Primêr/ Primary se leerders weer selfvertroue en soveel meer te gee.

Rozetta het die finale rondtes gehaal van die Mev Royal South African Classics-, die Mrs Africa 2017- en die Mev Pretoria –Tshwane 2017-kompetisie. Sy het ook onder die top vyf van die Remarkable Woman-kompetisie geëindig.

Rozetta en haar 21-jarige dogter Robin het albei ‘n passie om iets vir hul gemeenskap te doen. Hulle bedryf saam ‘n onderneming met die naam The face of Queens.

Robin is Mejuffrou Toekomsrus 2016 en het self al uitmuntend in modelkompetisies presteer. Sy het tweede in die Mev Gauteng-kompetisie geëindig, was tweede prinses in Mev Johannesburg-, asook ‘n finalis in die Miss Exclusive- en die Miss South Africa Junior-kompetisie.

Rozetta Patrick wil leerders help om meer selfvertroue te kry.

Op Saterdag, 12 Mei, gaan Rozetta en Robin vir die laerskoolleerders ‘n kans gee om vir ‘n dag lank te voel of hulle in feetjieland is deur op die verhoog te pronk. Die spesiale geleentheid gaan by Toekomsrus Sekondêre/ Secondary skool gehou word.

Die twee vrou vra die gemeenskap se hulp met tiaras vir die dogtertjies, mooi rokkies en geskenkpakkies wat hulle aan die leerders tydens die geleentheid kan oorhandig.

Hulle beplan ook ‘n projek om Toekomsrus Primêr/ Primary se skoolsaal te herbou maar is ongelukkig daarvoor ook van borge afhanklik.

Skakel asseblief vir Rozetta by 081 542 6056.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version