NewsSchools

Rappies doen hul deel vir Cansa

Rappies het die goeie bedrag van R6 303,80 vir Cansa ingesamel.

Vroeg in Maart het die dames van Cansa by Laerskool Randfontein gekuier om die kinders se hare te sproei.

Skoolwoordvoerder Roleen Olivier bedank graag elke ouer en leerder wat die Cansa Shavathon ondersteun het.

Die leerders was baie gretig om met verskillende kleure te eksperimenteer en het groot pret gehad. Dit was ook vir hulle lekker omdat dit vir ‘n goeie doel was.

Rappies het die goeie bedrag van R6 303,80 ingesamel en aan Cansa geskenk.

Die leerders was baie gretig om met verskillende kleure te eksperimenteer en het groot pret gehad.
Die leerders was baie gretig om met verskillende kleure te eksperimenteer en het groot pret gehad.
Die leerders was baie gretig om met verskillende kleure te eksperimenteer en het groot pret gehad.

“Baie dankie ook aan mnr Gordon vir u reëlings vir die fondsinsamelingsprojek,” het Roleen gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button