KYK: Riebeeck-video slaan asems weg!

MOET SIEN: Hoërskool Riebeeckrand is wenners van die Tennis Tune-kompetisie.

Hoërskool Riebeeckrand se Tennis Tune-dans is die beste! Die duisende mense wat daarna gekyk het en daarvan gehou het, kan mos nie verkeerd wees nie.

Toe die sangers Dirk van der Westhuizen en Sorina Erasmus (die Flooze) ‘n kompetisie geloods het wat op hul bekende liedjie Die Tennis Tune gegrond was, het Hoërskool Riebeeckrand die geleentheid aangegryp en die hele skool deel gemaak van die kompetisie.

Deelnemende skole moes na Die Tennis Tune-musiekvideo op YouTube gaan kyk, die Tennis Tune-dans leer en ‘n video maak terwyl hulle die Tennis Tune-dans doen. Die video’s moes toe op die Sorina aka Flooze Fan Page op Facebook gelaai word en die een waarna daar die meeste gekyk is en die meeste likes gekry het, sou as die wenners gekroon word.

Elke leerder, personeellid en selfs die hoof het ‘n rol in Riebeeckrand se Tennis Tune-dansvideo gehad wat die skool se trots, gees en eenvormigheid weerspieël. Hulle het uiteindelik 54 725 views en 2 555 likes gekry, wat Riebeeck loshande laat wen het. Kommentaar op die video het ingestroom.

Olivia Prinsloo het geskryf: “Ek is in Bloemfontein en ek moet vir Hoërskool Riebeeckrand baie geluk sê, dit is fantasties.

Julle is baie kreatief en vol sport.” Teresa Thiart het geskryf: “Trotse Riebeeckrand-mamma”; en Mandie Liut het geskryf: “Puik, kan dit oor en oor kyk”.

Riebeeckrand bedank graag elke leerder, ouer en ondersteuner wat na die video gekyk, dit gelike en geshare het. Sonder julle sou die wen nie moontlik gewees het nie. Riebeeckrand bedank ook in besonder vir Esther van der Walt wat die video opgeneem het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version