Nuwe kliniek nou ‘n stortingsterrein?

Die gemeenskap is baie bly oor hul nuwe kliniek, maar party inwoners dink duidelik dit is ook 'n stortingsterrein.

Die gemeenskap is baie bly oor hul nuwe kliniek, maar party inwoners dink duidelik dit is ook ‘n stortingsterrein.

Sina Erasmus, Wyk 4 DA-raadslid, het saam met die Herald die Randgate Kliniek gaan besoek en gesien dat rommel onwettig in Sauerstraat en in die gebied om die kliniek gestort word.

Rommel wat die gemeenskap onwettig daar weggegooi het.

Erasmus het dié probleem asook die oop kragboks ‘n paar meter van die kliniek af reeds by die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit aangemeld. Verlede jaar is ‘n seuntjie by so ‘n oop kragboks doodgeskok.

Die gemeenskap het jare lank vir dié kliniek gewag. In 2003 het Erasmus uiteindelik gehoor dat daar met die projek begin gaan word, maar die kliniek het eers verlede jaar op 17 Mei begin dienste lewer.

Erasmus het toegesien dat ‘n boom naby die kliniek gesnoei word, maar die takke is gebruik om net voor die winkels vuur te maak.

“Die onwettige storting is al ‘n geruime tyd aan die gang en niks word gedoen om dit skoon te maak nie,” het Erasmus gesê.

“Randfontein is besig om agteruit te gaan. Die munisipaliteit sê net daar is nie fondse vir alles wat gedoen moet word nie,” het Erasmus moedeloos bygevoeg.

Sina Erasmus, Wyk 4 DA-raadslid by ‘n oop kragboks.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version