Linda benoem vir Ghoema-toekenning

Linda se musiek word reeds op die meeste radiostasies gespeel.

Die bekende en gewilde plaaslike sanger, Linda Killian, is benoem vir ‘n toekenning in die kykNET Ghoema-afdeling vir Rock Album van die Jaar.

Die Ghoema Musiektoekennings is die amptelike, onafhanklike toekenningsgeleentheid waartydens die kunstenaars, musiekgroepe, musikante en liedjieskrywers in die Afrikaanse musiekbedryf vereer word vir sekere prestasies oor ’n spesifieke periode. Vanjaar op 29 April word die beste 2017-vrystellings van alle Afrikaanse musiek vereer.

Linda se musiek word reeds op die meeste radiostasies gespeel. Sy is nie net ‘n begaafde sanger nie, sy is ook ‘n skrywer van formaat. Sy het onlangs weer by die Randfontein Skou opgetree.

Tydens die Eurovision Suid-Afrika-kompetisie in 2015 is sy aangewys as Nuweling van die Jaar en vanjaar gaan sy een stap verder deur vir ‘n Ghoema benoem te word. Sy is boonop die eerste Randfonteiner wat so ‘n benoeming gekry het.

Die Ghoemas word op 29 April regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 gebeeldsend.

Randfontein, stem asseblief vir haar as gunsteling sanger van die jaar deur PV9 te SMS na 39952. ‘n SMS kos R2 en die sluitingsdatum is 13 April.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version