MunicipalNews

R28 geoormerk vir beveiliging

Die Gautengse Departement vir Paaie en Vervoer het gehoor gegee aan die VF Plus se versoek om die ompad, wat tans gebruik word terwyl die R28 herstel word, te beveilig.

Die Gautengse Departement vir Paaie en Vervoer het gehoor gegee aan die VF Plus se versoek om die ompad, wat tans gebruik word terwyl die R28 herstel word, te beveilig.

Volgens Philip van Staden, VF Plus-LPW: Gautengse Wetgewer, word motoriste gedwing om ‘n ompad van 15 kilometer verby Hillshaven te volg wat later weer by die provinsiale pad aansluit.

Van Staden het dr Ismail Vadi, die LUR vir Paaie en Vervoer, onlangs dringend versoek om die gebied te besoek. Daar is aan die versoek gehoor gegee en ‘n tegniese ingenieur, Midiaifani Ramabulana, het ná inspeksie aanbeveel dat veiligheidsmaatreëls dringend getref moet word.

Hy het gesê die Departement het belowe om dadelik alles in hul vermoë te doen om waarskuwingstekens asook dreunstroke (rumble strips) op die teerpad voor die skerp draai aan te bring en straatligte daar te herstel.

“Ons verwelkom dit dat die Departement van Vervoer die erns van die saak besef. Mense moes eers met hul lewens boet voordat die Provinsiale Regering besef het hoe onveilig die pad is. Ons is voortdurend besig om die Provinsie op foute te wys en aanbevelings te doen om paaie veiliger te maak.”

Die R28 wat swaar verkeer dra is ‘n hoofroete tussen Potchefstroom, Krugersdorp, Randfontein, Westonaria en die N1. Padongelukke is een van die grootse oorsake van sterftes in Suid-Afrika en daarom moet die Departement van Paaie en Vervoer sorg dat paaie te alle tye veilig is.

“Ons sal aanhou druk op die regering uitoefen om te sorg dat geen wanadministrasie plaasvind nie en belastingbetalers se geld met sorg aangewend word,” het Van Staden gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button