Local newsNews

Outistiese seun se droom bewaarheid

Trane het geloop toe 'n 14-jarige seun wat aan sekondere outisme ly, sy gunsteling musiekgroep, Die Campbells ontmoet het.

Raymond Joubert,14, wat aan sekondêre outisme ly, se groot droom het waar geword toe hy sy gunsteling groep, Die Campbells onlangs by die Skou ontmoet het.

Hester (Bella) Joubert, 41, sy ma het vertel dat sy moed bymekaar geskraap het en vooraf met die groep gereël het dat hulle hom ‘n halfuur voor die tyd ontmoet. Raymond was in ekstase en die trane het geloop.

Hester (Bella) Joubert saam met haar geliefde seun Raymond.

Raymond het ook ‘n cowboy-hoed gekry wat deur die broers geteken is.

Lees ook: Stamselbehandeling gee outistiese-seun weer hoop

Die sekondêre outisme waarmee Raymond gebore is, behels dat hy nie kan praat nie en min of meer in sy eie wêreld leef. Hester het gesê baie mense assosieer outisme met die uitbeelding daarvan in die rolprent Rain Man.

“Die karakter in Rain Man het omtrent net drie kenmerke van outisme. Daar is baie meer. Mense verstaan nie dat daar verskillende vlakke van outisme is nie,” het sy verduidelik.

Hester het ook vertel dat outistiese kinders uiters sensitief vir klank is. Waar ander kinders nagenoeg drie klanke kan hoor, hoor outisties kinders nagenoeg 25. Dit is waarom hulle partykeer hul ore toedruk.

Raymond het ‘n boetie, Rickerd, wat 16 jaar oud is. Rickerd is baie beskermend teenoor Raymond en Hester sien voltyds na hom om.

Toe die Herald vir Raymond besoek het, was sy goeie maniere opvallend. Hy het homself in sy kamer besig gehou.

Hester het gesê dat hulle reeds ‘n lang, moeilike pad gestap het, maar daar is elke dag verbetering. God het ‘n pad met Hester gestap, en sy het besef dat daar ander kinders is wat baie erger daaraan toe is.

“Mense kan baie onsensitief teenoor outistiese kinders en volwassenes wees. Hulle kan gerus eers meer inligting oor die toestand kry voordat hulle ‘n opinie daaroor uitspreek,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button