MunicipalNews

Red ons paaie – Teken die petisie!

Peter Mathebula van die Rand West City Plaaslike Munisipaleit het gesê dat hulle dié week met Elizabethweg sou begin.

Alwyn van Tonder, DA-raadslid vir Wyk 3, het aan die Herald verduidelik wat beplan word met die problematiese paaie in sy wyk.

Tydens ‘n vergadering by Glen Doyle op 28 Februarie het Van Tonder aan inwoners gesê dat hy ‘n petisie, wat hy met die Burgemeester van Rand West City Plaaslike Munisipaliteit (RWCLM) bespreek het, opgestel het.

Inwoners van Wyk 3 kan die petisie teken, waarin versoek word dat daar dringend na die toestand van Pad 5, 7 en 8, Elizabethweg (Bootha-plotte), Longweg, Merweweg, Vleiweg, Johannesweg (Ooster-plotte), Randfonteinweg, Peterweg en Mariaweg, asook die aansluiting tussen Maria- en Langweg (Loumarina ) gekyk moet word.

Daar word ook versoek dat die paaie óf heeltemal oorgedoen word, óf dat behoorlike instandhouding gedoen word en al die slaggate permanent herstel sal word.

Van Tonder het gesê dat daar nie tans fondse beskikbaar is nie, maar dat Peter Mathebula van die RWCLM Department van Infrastruktuur gesê het dat hulle dié week met Elizabethweg sou begin.

Van Tonder het ‘n beroep gedoen op almal wat nog nie die petisie onderteken het nie, om dit by Johnny’s Cafe te gaan doen.

Vir verdere inligting, skakel vir Van Tonder by 082 593 0313.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button