NewsSchools

Ramkiekies hou allerbeste speletjiedag

Elke skool het sy eie kreet gehad.

Daar was die allergrootste pret by Laerskool Randfontein op Saterdag, 24 Februarie toe Ramkriekies hulle sport- en speletjiedag gehou het

Die kleintjies van Bollie Bekkies, Little Snails, Little Angels en natuurlik Ramkriekies was vuur en vlam en het om 8vm aan die optog deelgeneem. Leanne Greyvenstein en Kieren Rautenbach het daarna die opening waargeneem, en die verwelkoming en bedankings is deur Marlie Potgieter van Ramkiekies gedoen.

Jayden Smith, twee-en-‘n halfjaar oud, het die hoepelspeletjie onder die knie gekry.

Die deelnemertjies – van twee jaar oud tot Graad R – het oor (lae) hekkies gespring, deur hoepels gekruip, aartappel- en ander soorte resies gehardloop, deur paaltjies gevleg, Monkeynastics gedoen en boontjiesakkiespeletjies gespeel. Elke skool het ook sy eie kreet gehad.

Van die Laerskool Randfontein-leerders het ook die pret geniet, en Tiffany Rix en Donique Oosthuisen het lekker nat geword toe hulle deur die water gehardloop het. Een van die hoogtepunte was toe die pa’s resies gehardloop het terwyl hulle die kleingoed in trollies gestoot het.

Wilhelm Harmse (senior) stoot vir Wilhelm Harmse (junior) na die eindpunt toe.

Aiden Twemlow, twee-en-‘n-halfjaar oud, het die eerste resies in die trollie saam met sy pa, Paul Twemlow gewen.

Die dag was uiters suksesvol en die weer het mooi saamgespeel. Ouers het dit net soveel soos die kinders geniet.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button