Avante skenk 3 780 Liters water aan Kaap.

Die leerders het baie moeite gedoen om die waterprojek so suksesvol as moontlik te maak.

Alles was in rep en roer by Laerskool Avante Primary op Vrydag, 16 Februarie, toe Cargo Carries se trok daar gestop het om die water op te laai wat die leerders ingesamel het.

Die leerders het met behulp van hulle ouers ‘n ongelooflike 3 780 liter water bymekaar gemaak om Kaap toe te stuur. Hulle het hul beste gegee om soveel moontlik water bymekaar te maak.

Leerders hard besig om water aan te dra. Foto: Ingestuur.

Isabel Coetzee, wat die projek van stapel gestuur het, het gesê dat haar inspirasie gekom het van Hendrik van Wyk, toe hy veevoer na die droogtegeteisterde Kaap toe geneem het.

“Ek moes net iets doen om te help en het begin deur water in te samel,” het sy vertel. Sy het gesê Hendrik se daad het haar hart geraak en daarom wil sy soveel as moontlik water bymekaarmaak vir haar medemens.

Leerders help fluks om die bottels water in die trok te laai. Foto: Ingestuur.

Die eerste 30 000 liter is vroeg in Januarie met Tambotie Mall se samewerking Kaapstad toe gestuur.

“Ek het almal in Randfontein gevra om deur die skole betrokke te raak. Rappies het eerste gereageer en daarna Avante,” het Isabel vertel.

Isabel en Laerskool Avante Primary sê baie dankie vir almal se bydrae en vir die leerders wat dit met liefde gedoen het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version