Local newsNews

Bejaardes met Alzheimers kry Valentynsbederfie

Alzheimers word as 'n genadelose en hartseer siekte beskryf, maar Tulbach Huis het hul bejaardes tog vir Valentynsmaand bederf.

Bejaardes van Tulbach Huis II in Loumarina wat aan die genadelose Alzheimer-siekte ly, is onlangs oorval met liefde.

Behalwe dat hul hande, naels, hare en voete versorg is danksy vyf lede van die groep Omgee vir Randfontein, was daar ook heerlike vingerhappies om aan te smul. Daar is lekker gelag en gekuier als in die gees van Valentynsmaand; maar die realiteit van Alzheimer was steeds teenwoordig.

Alzheimer is ongeneeslik en is dit ‘n bitter pil om te sluk vir direkte familie wat spesifiek na die persoon moet omsien. Tulbach Huis spesialiseer juis hierin.

Bejaardes saam met hul versorgers, lede van Omgee vir Randfontein en die eienaars van Tulbach Huis I en II.

“Die Alzheimer-lyers kan nie uitgaan nie want dit is vir hulle traumaties. Dit is hoekom ons vir hulle aktiwiteite reël soos ‘n spesiale Valentynsdag. Mense met die siekte is baie veeleisend en kan nie in ‘n normale huishouding funksioneer nie. Hulle is weer soos ‘n peuter of ‘n hiperaktiewe kind. Party van hulle kan nie eers slaap nie en skuif goed gedurig rond,” het Chantelle Botha, eienaar van Tulbach Huis II gesê.

Sy het bygevoeg dat die meeste van die Huis-inwoners aan die siekte ly maar dat daar ook ‘n eenheid is vir bejaardes wat nie daaraan ly nie.

Chantelle Botha, Francois van Aswegen, 76, en Gwen Fourie.

In ‘n artikel in Junie 2014 deur die Herald se susterskoerant, Ridge Times, het Marthie van der Walt, toesighouer by Palmoord Sentrum vir Bejaardes in Bethal, Mpumalanga meer oor die siekte vertel.

Sy het Alzheimer beskryf as, “’n Genadelose siekte wat alles van ’n mens beroof en die brein stuk vir stuk opeet. Die siekte word nie beter nie, net erger en onbeheerbaar.”

Anna Dreyer, 79, saam met Tulbach Huis II-versorger, Jaydee Voss.

Gwen Fourie, eienaar van Tulbach Huis I, ook in Loumarina, het gesê, “Dit is ‘n baie hartseer siekte. Vroue is dikwels meer geneig om Alzheimer te kry want ‘n groot emosionele terugslag in hul verlede kan daartoe bydra.”

Tulbach Huis het ook takke in die Strand in die Wes-Kaap, en in Pretoria.

Vir meer oor Alzheimer-siekte besoek die Alzheimer’s Association se webwerf by www.alz.org.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button