Van Trolle na ware Jan Viljoeners!

Die eens Peske-Moeske-Woeske-Tinke-Troll-Molle is nou ware Jannas-leerders!

Die voormalige Peske-Moeske-Woeske-Tinke-Troll-Molle – ook bekend as Graad 8’s – is nou ware Jannas-leerders.

Volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder, was Maandag 12 Februarie ‘n besondere dag in die lewens van hierdie Graad 8’s.

“Die leerders is nou ware Jan Viljoeners en is daarom welkom geheet deur ‘n erewag van honderde trotse ouers en die skool se VRL. Die res van die skool het opgewonde vir die leerders hande geklap terwyl hulle in volle skooldrag op maat van tradisionele marsmusiek die saal binnegestap het,” het Tammy verduidelik.

Sarel Steyn, die skoolhoof het die leerders herinner dat hulle verantwoordelik is vir hulle eie keuses en dat dit hul sukses bepaal.

“Jy kies jou vriende. Jy kies of jy wil werk of nie. Werk hard en jy sál suksesvol wees. Onthou altyd, You can do it!”

Juffrou Steyn, een van die Graad 8-voogde, het riglyne vir sukses gegee en Spreuke 2:6 en Filippense 4:8 voorgelees.

“Ons is geskape om volmaak te wees – om suksesvol te wees en om gelukkig te wees.”

Tammy het bygevoeg, “Jannas is baie trots op die leerders met hulle puik keuse om Jan Viljoen as hul hoërskool te kies. Ons wens hulle alle sukses toe vir die volgende vyf jaar.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version