Kleuterskool wys hoe vier mens Valentynsdag

Melktandjies Kleuterskool wens die hele dorp 'n gelukkige Valentynsmaand toe.

Melktandjies Kleuterskool in Homelake het voluit gegaan op Valentynsdag!

Op Woensdag, 14 Februarie het die kleuters in hul rooi-en-wit Valentynsklere gepronk, rooi en wit Sjinese lanterns het in die klasse gehang, daar was harte om elke hoek en draai, en die woord ‘liefde’ was oral opgeplak. Daar was tot ‘n Valentynsversierde kamerahut waarin foto’s van die kleuters geneem is.

Ngoako Meela by die kamerahut.

Volgens Graad R-onderwyser Jenny Blignaut het hul Valentynsvieringe eintlik ‘n hele week geduur.

“Ons kleuters het Maandag hartmannetjies gemaak. Dinsdag het almal ‘n tuisgemaakte kroon met mamma en pappa se hulp skool toe gebring en Woensdag is daar musical chairs gespeel en die kleuters het vir mekaar sjokolade gegee. Donderdag is hartjies met ‘n klomp verskillende teksture gemaak terwyl ons Vrydag ‘n Valentynspiekniek gehou het.

Nihann van Wyk by die kamerahut.

“Ons wil maar net vir die kleintjies wys dat liefde bestaan. Ons boodskap aan hulle is: ‘Let us love one another, for love comes from God’ – (1 John 4:7).”

Die Herald is op Valentynsdag gevra om ‘n wenner te kies uit die vyf klaskamers wat die betrokke juffrouens en kleuters vir Valentynsdag versier het. Die Graad R’e is as die wenners aangewys.

Mia Teixeira by die kamerahut.

Die skool wens die hele dorp ‘n gelukkige Valentynsmaand toe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version