MunicipalNews

Rioolwater, slange en lyke ontsier omgewing

Skokkende water- en rioolprobleem in Toekies!

Gladys Kleinbooi, 60, het op 13 Februarie vir die Herald die skokkende water- en rioolprobleem gewys op ‘n perseel in Goldstraat waarop ‘n besigheid en woonhuise is.

Gladys, wat saam met vier ander families in aparte huise op die perseel bly, het gesê dat die probleem so ver terug as die jaar 2000 ontstaan het. Sy het gesê dat daar destyds nie vir stormwaterdreinering voorsiening gemaak is nie.

“As die drein in Goldstraat verstop raak, ontblok die munisipaliteit dit, maar twee weke later is dieselfde probleem terug,” het haar dogter, Desserie Kleinbooi, 32, vertel.

Lees ook: Sies! Wat’s dai reuk?

Sy het gesê dat ‘n wyksraadslid altyd sy bes doen om hulle te help, maar ook hy kry die probleem nie opgelos nie.

“As dit reën is dit ‘n groter probleem, veral met die dam wat agter dié gebou is. Die fondasie is ook al vrot, ” het Gladys gesê.

“Dit is ‘n groot gesondheidsrisiko vir almal wat hier bly. Die rioolwater se stank is afskuwelik. Mens kan nie eers meer die hek hier agter oopkry nie,” het sy bygevoeg.

Volgens Desserie is die dam agter die gebou boonop ‘n gevaarlike plek. Daar is oor die jare al twee lyke daar gevind en daar kom ook baie slange voor.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button