Riebeeck se Langeraad en Fielafooi

“Al die leerders en personeel is altyd vriendelik met my,” het Leigh-lyn Erasmus vertel.

‘n Halwe meter! Dit is die verskil in lengte tussen die langste en die kortste leerder vanjaar in Hoërskool Riebeeckrand. Die Herald het met hulle gaan kennis maak.

Leigh-lyn Erasmus is 1,36 meter lank en 12 jaar oud. Hy is reeds ‘n trotste Riebeeckrander en geniet elke oomblik van Graad 8. Dit is vir hom lekker om soveel vriendelike mense om hom te hê. “Al die leerders en personeel is altyd vriendelik met my,” het hy vertel. Renaldi du Plooy is sy gunsteling juffrou omdat sy ‘n sagte geaardheid het en hom “slim leer” in Afrikaans.

Leigh-lyn speel graag krieket en sien vreeslik uit na die derde kwartaal wanneer die krieketseisoen begin. Hy het met trots vertel dat hy al klaar hard werk sodat hy eendag ‘n ingenieur kan word.

Christoff Kleyn, Riebeeckrand se langste leerder, is ‘n hardwerkende matrikulant. Dié slot van die eersterugbyspan is 1,95 meter lank en doen alles in die lewe met oorgawe. “Sy gunsteling vak is Verbruikerstudies. Hy sal graag sy passie vir kook, sport en drama na skool wil uitleef en hy hou duim vas om ‘n beurs te kry,” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright gesê.

Christoff droom daarvan om vanjaar die kaptein van die eersterugbyspan te wees, sy pluimbalvaardighede te verbeter en matriek met vlieënde vaandels te slaag.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version