Nuwe personeel vir Riebeeckrand

Die nuwe personeellede is reeds deel van die Riebeeckrand-familie.

Hoërskool Riebeeckrand het aan die begin van die jaar hul nuwe personeellede verwelkom.

Hulle is met ope arms ontvang en is reeds deel van die Riebeeckrand-familie.

Suerette Maartens bied Afrikaans vir Graad 11 en 12 aan, Francé van Niekerk is die Lewensoriëntering-onderwyser vir Graad 10 en 11, en bied ook Verbruikerstudie vir Graad 10 aan.

Cornelia Huisman is ‘n tale-onnie en bied gee Afrikaans vir Graad 9 en Engels Huistaal vir Graad 8 aan.

Bronwynn Green is die Engels Eerste Addisionele Taal-onderwyser vir die Graad 9’s en Anelle Steyn gee Natuurwetenskappe en Tegnologie vir die Graad 8’s.

Annelize Erasmus bied Afrikaans Huistaal vir die Graad 9’s aan en Conrad Rall is die Graad 8-onderwyser in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe asook Wiskunde.

Elizette Fouchee sal eersdaags by hulle aansluit om die Graad 8’s van Afrikaans en Sosiale Wetenskappe te leer.

“Ons by Hoërskool Riebeeckrand vertrou dat dié personeellede baie gelukkig by ons gaan wees,” het Elzeri Wright, Hoërskool Riebeeckrand se woordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version