R’fontein, die dinosourusse is hier!

Bring vriende, familie en kom geniet 'n prettige en leersame gesinsdag!

Randfontein-inwoners en veral hul kinders kan uitsien na die baie bekende Dino Expo wat van 9 tot 11 Februarie in die Skousaal by die Greenhills Stadion te sien sal wees.

Die Dino Expo bestaan uit lewensgrootte dinosourusse, ‘n uitstalling van oorspronklike rotsfossiele deur Wits en nog baie ander aktiwiteite wat kinders lank kan besig hou. Dit sluit dinosourusritte, ‘n kindertrein, stampkarretjies, fossielopgrawings en fotogeleenthede in. Maak gerus ook ‘n draai by die dinosourus-speelgoedwinkel.

Hierdie is ‘n avontuur wat mens nie moet misgeloop nie! Bring jou vriende en familie en kom geniet ‘n prettige en leersame gesinsdag!

Vir meer inligting, stuur ‘n epos na info@thedinoexpo.com of skakel 078 624 1513.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version