‘n Pretdag met ‘n verskil!

Jy het ook die opsie om 'n deurnag te hou. Bestel net jou braai en slaai, bring jou drinkgoed en dan slaan jy tent op.

Op Saterdag, 24 Februarie van 8.30vm tot 5nm gaan ‘n Fondsinsamelingspretdag met ‘n verskil by Mi Yehenraine gehou word.

Daar gaan pret in elke kleur van die reënboog wees en Mi Yehenraine gaan lekker uithaak en laf word, omdat perde en kinders vir dié ryskool van die uiterste belang is.

Lorraine Gouws, 53, eienaar van Mi Yehenraine Ryskool gebruik perdry om kinders met emosionele probleme te help. Sy bied ook perdrylesse aan.

Stalletjies en ‘n springkasteel, lekker musiek, eetgoed en ‘n ponierit is op die spyskaart. Nog ‘n lekkerte is ‘n kompetisie om te kyk hoe raak jou ma kan gooi.

“Daar is nog meer pret, want wanneer jy die perd se stert op jou voorkop sit, is jou gesig dalk rooi!” het Lorraine vertel. Sy het bygevoeg dat dit ‘n geheim is wat hulle gaan uitloot, en hoeveel daarvan.

Kaartjies vir die trekkings kan daar gekoop word, en dan moet jy net duim vashou dat die geluk aan jou kant gaan wees. “Jou spaarvarkie kan vir een dag honger ly; kom pak eerder jou munte in ‘n kreatiewe lyn,” het sy verder gesê.

Jy het ook die opsie om ‘n deurnag te hou. Bestel net jou braai en slaai, bring jou drinkgoed en dan slaan jy tent op.

Vir enige navrae, kaartjie-aankope en stalletjieruimte, skakel asseblief vir Charla-Mayne by 079 882 5653 of epos charlamaynegraham@gmail.com.

Lorraine se nommer is 062 826 4637. Die adres is Susannaweg 60, Loumarina-plotte.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version