Verstopte drein bring skade

Twee besighede in Greenhills het erg onder swaar reën deurgeloop weens 'n verstopte drein.

Twee besighede in Kameelstraat, Greenhills het onlangs erg onder die swaar reën deurgeloop.

As gevolg van ‘n verstopte drein en die massas water wat nêrens heen kon vloei nie, het die twee eienaars skade gely – die een in sy kroeg en restaurant, en die ander in haar tatoeëerateljee en haarsalon. Water het in hul persele ingestroom en die parkeerarea is oorstroom. Twee motors is boonop beskadig.

Lees ook: Dienslewering soos ‘n getjommel in vandag se rugby

Die twee sakepersone is woedend en het foto’s van die skade vir die Herald gestuur.

Willie Stolz, eienaar van die pub en restaurant het vertel dat sy skade ongeveer R150 000 beloop.

“Ek moes iemand kry om vir drie dae lank te kom skoonmaak. My klankversterkers het geblaas, en die luidsprekers asook die rekenaarboks is gebreek.

Dit help nie jy sit ‘n eis in teen die munisipaliteit nie want jy gaan nooit jou geld kry nie. Hulle moet hulle werk begin doen.”

Jeannie Kruger, eienaar van die tatoeërateljee en haarsalon wat net onlangs haar besigheid op die been gebring het, het gesê, “Ek moet my matte vervang en die versekering nader, net ‘n maand nadat ek oopgemaak het. Jy spandeer baie geld om die besigheid te begin en dan het jy skade.”

Stolz en Kruger het gesê hulle het die probleem onder die munisipaliteit se aandag gebring. Stolz is aangeraai om ‘n paaiebestuurder van die munisipaliteit te nader. Volgens hom het hy, maar steeds geen terugvoering ontvang nie.

Peter Dick, DA-raadslid van die betrokke wyk het gesê hy gaan die plekke besoek waar skade gely is. Dick glo dat die skade voorkom kon gewees het indien die munisipaliteit sy werk behoorlik gedoen het.

Teen druktyd, ‘n week na die voorval, was die drein steeds geblok.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version