Meer as 200 ongelukke op R28-ompad wek kommer

Sedert konstruksiewerk in Mei verlede jaar aan 'n deel van die R28 begin het, is 205 ongelukke aangemeld.

Die Vryheidsfront Plus het Woensdag onthul dat 205 ongelukke aangemeld is sedert konstruksiewerk verlede jaar aan die gedeelte van die R28 – van die Hillshaven-afrit tot by die N1 (Sebokeng-aansluiting) – begin het.

Philip van Staden, VF Plus LPW in die Gautengse Wetgewer, gaan die LUR vir paaie en vervoer, dr Ismail Vadi, versoek om die R28 tussen Westonaria en Sebokeng te besoek om te verseker dat die ompad wat motoriste nou moet gebruik, veilig gemaak word.

Lees ook: R28 — a road to fear

Van Staden het vertel dat konstruksiewerk verlede jaar daar begin het en dat verkeer herlei word na ‘n 15km-ompad verby Hillshaven waar dit later by die provinsiale pad aansluit. Volgens hom is 205 ongelukke reeds op die ompad aangemeld. Tien mense, onder andere ‘n vragmotorbestuurder, is dood en tientalle motoriste is beseer.

“Dié ompad dra geweldig swaar verkeer en dit is veral die skerp draai naby die Hillshaven-ingang wat groot probleme veroorsaak.

Bestuurders van swaar en gewone voertuie verloor beheer om die draai en stort na benede. Daar is geen veiligheidsreling, beligting of padtekens nie.

“Die LUR moet dringend sorg dat spoedwalle by die draai aangebring word, dat die ligte herstel word en dat verkeersowerhede die pad gereeld patrolleer om te sorg dat jaagduiwels vervolg word. Die VF Plus kan nie staan en toekyk hoe mense verongeluk terwyl die provinsie met voorsorg dié ongeluksyfer kan verminder nie.

“Die party sal ‘n verslag asook voorstelle by die betrokke komitee indien met maniere om die pad te beveilig totdat konstruksiewerk aan die R28 voltooi is,” het Van Staden gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version