Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #50 – Dirk Boshoff

Die 50e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Dirk Boshoff, 33, wat al vier jaar by Mapogo Sekuriteitsmaatskappy werk, is ‘n natuurmens wat diepseehengel geniet.

Dirk bly saam met sy vrou, Roelien en hulle viermaande-oue seuntjie in Greenhills. Dirk woon al jare lank in Randfontein en gedurende die onderhoud met die Herald was dit duidelik dat hy die ou Riebeeckmeer, soos dit nog in die vroeë 90’s gelyk het, baie mis.

“Daar was die swembad, die karavaanpark, die glybane en die Trein-restaurant. Dit was goed vir ons as kinders,” het hy vertel. Dirk is ook baie lief vir seekos en neem aan diepseehengel aan die Suid- en Noordkus deel.

Sy motto in die lewe is om elke dag te vat soos hy kom. Buiten die see is hy ook baie lief vir die Bosveld en dit sal vir hom die beste vakansie wees.

Hy en sy pa maak deel uit van reddingspanne wanneer daar bootkompetisies by die Vaaldam is.

Hy is ‘n man wat hou van Afrikaanse musiek en sokkie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button