Local newsNews

‘n Eerste Mej, Mnr en Mev Randfontein-kompetisie

Skryf nou in vir die Mej, Mnr en Mev Randfontein-kompetisie en bemagtigingsprogram. Besonderhede hier ...

Vir die eerste keer ooit gaan daar ‘n Mnr, Mev en Mej Randfontein by dieselfde geleentheid gekroon word.

Vir dié wat dink dit is net nog ‘n geleentheid om op die loopplank te pronk, dink weer, want dit is eintlik ‘n bemagtigingsprogram van agt weke wat fiksheidsessies, konferensies (waarvan die temas wissel van finansieel tot geestelik), een spadag en ‘n oggendtee insluit. Die finaliste kom vir die eerste keer op 3 Maart vanjaar by Vredenvlucht Venue in Loumarina bymekaar.

Die spoggerige kroningsgeleentheid is op dieselfde plek op 28 April wanneer die finaliste dan hul kans op die loopplank sal kry.

Enigiemand van vier tot 50 jaar oud (getroud of ongetroud/ man/ vrou/ kind) kan deelneem, mits hulle binne ‘n 20km-radius van Randfontein af werk, woon of studeer. Daar is wel inskrywingsgelde maar as jy ‘n wenner van ‘n skoleskoonheidskompetisie in 2017 was, neem jy gratis deel.

Janine Feirrera, wat in 2016 ‘n Mej SA-finalis, Mev Johannesburg tweede prinses en IBFF-bikini-afdelingwenner was, is die direkteur van die kompetisie hoewel dit haar vyfjarige dogter, Chanine, se besigheid is. Janine is ook ‘n fiksheidsinstrukteur by B-Fit FitCamp – waarvan sy en haar niggie Reinette Herbst die eienaars is.

Sy het vertel dat die idee van die kompetisie tydens een van B-Fit-Camp se fiksheidskampe ontstaan het.

“Ek glo dat as jy nie iets vir jou dorp kan beteken nie, kan jy ook nie iets vir jou land beteken nie. Hierdie kompetisie is die perfekte program vir ‘n getroude vrou om weer haarself te vind.

As jy ‘n fisiese en geestelike oormaaksessie wil hê, is dit vir jou,” het Janine verduidelik.

Sy glo ook dat die kompetisie ‘n goue geleentheid is vir inwoners om ‘n verskil te maak. “Vir die mans is dit ‘n geleentheid om betrokke te raak in die dorp, die Mev-afdeling is die perfekte plek waar vroue gesond kan word en hulself beter kan leer ken, vir die Mej Seniors is dit die perfekte platform om jou op die volwasse wêreld voor te berei en die Mej Junior-afdeling is die ideale plek om selfvertroue te ontwikkel.”

Inskrywingsvorms is op hul Facebook-blad Miss/Mr/Mrs Randfontein beskikbaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button