NewsSchools

Groentjies by Riebeeck verwelkom

Die leerders wat deur die Poort geloop het, se skoolbaadjies is vir hulle deur ‘n lid van die seniorraad aangetrek.

“By Riebeeckrand bestaan die pragtige tradisie van Poortloop. Elke Graad 8-leerder en ook nuwe leerders wat by Riebeeckrand inskryf, stap na die afloop van die oriënteringsprogram en die groentjiekonsert deur die skool se Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckrander ingeburger te word,” aldus die skool se webwerf.

Een senior raad trek ‘n Graad 8 leerder se baadjie aan. Foto: Ingestuur.

“Die Poort se hekke is vanjaar op 26 Januarie deur die hoof en die hoofleiers oopgesluit sodat die Graad 8’s, nuwe leerders en nuwe personeellede daardeur kon stap. Die leerders het vooraf tydens die vierkantopening die vlag gehys en die erekode hardop gesê om hul trou aan die skool te beloof,” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright gesê.

Die leerders wat deur die Poort geloop het, se skoolbaadjies is vir hulle deur ‘n lid van die seniorraad aangetrek en hulle het ook ‘n handdruk en ‘n sertifikaat van die hoof en beheerliggaam ontvang.

Hoof Annalize van den Berg, oothandig ‘n sertifikaat aan Christo Smuts ‘n Graad agt seun.

Die Graad 8-leerders en hul ouers sal dié besondere gebeurtenis nie sommer vergeet nie. Trane het gevloei maar daar is ook van oor tot oor geglimlag.

Aan die einde van 2022 sal die Graad 8-leerders weer deur dieselfde Poort se hekke na buite stap om as volwaardige Riebeeckranders trots die wye wêreld ingestuur te word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button