NewsSchools

Ratse Rappies roer hulle vinnige voetjies

Nie die reën of die koue het die kleuters gekeer om te hardloop nie.

Rappies Pre-Primêr het op Dinsdag, 30 Januarie hulle eerste atletiekbyeenkoms vir die jaar aangebied.

Al het daar eers ‘n paar yskoue reëndruppels geval, het dit nie die Rappies-kleuters gekeer nie.

Nelco Geldenhuys en Johanné Kriel staan onder die sambreel en wag dat die reën opklaar.
Foto: Bianca Pindral

Hulle het in groepe van o.3 tot o.6 deelgeneem, en het óf 30 meter óf 60 meter ver gehardloop, afhangend van hul ouderdomsgroep.

Alhoewel daar groot opgewondenheid onder die kleuters was, het sommiges nie geweet hoe om die situasie te hanteer nie. Party het rondgedans en ander het gesit en ween.

Hugo van Heerden kry sy trofee na hy sy wedloop voltooi het.
Foto: Bianca Pindral

Maar toe die atleetjies eers by die wegspringpunt langs mekaar in ‘n ry gestaan het, was hulle op hulle mammas en pappas aan die anderkant van die baan gefokus. Sodra die afsitter se fluitjie geblaas het, het die kleintjies koers gekies na hulle toe.

Daar was ‘n paar belowende beentjies wat vinnig vooruit geskiet het toe hulle moes wegspring, maar maak nie saak wie eerste gekom het nie, almal het ‘n trofee en ‘n ysie gekry.

Jason du Plessis was nie lus vir dié storie nie.
Foto: Bianca Pindral

Die poduim was ‘n lang loopplank sodat almal tegelyk daarop kon pas.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button