Inwoners se R559-gebede (byna) verhoor

Daar is hoop vir die R559! Erg beskadigde pad tussen Randfontein en Carletonville kry aandag.

Die hele R559-pad moet dringend aandag kry. Dis nie net gevaarlik nie maar ook ‘n jarelange kopseer.

Dié pad tussen Randfontein en Carletonville dra hoë volumes verkeer van onder meer busse en swaarvoertuie. Volgens inwoners kla hulle jare lank oor die toestand van die pad. As dit reën loop die water in die gevaarlike slaggate in en dam op die padoppervlak op.

Michele Paulsen wat langs die hoofpad woon het die situasie so verduidelik: “Die pad lyk jaar na jaar so. Hulle vul die slaggate met grond maar as dit reën spoel alles weg. Die linkerkant is vol gate en ons almal moet gereeld vir mekaar kans gee. Ons wil dit minstens ordentlik reggemaak hê want hulle het dit nog nooit behoorlik gedoen nie.”

Lees ook: Baby, mom and grandmother dies in R559 smash

Nog ‘n Middelvlei-inwoner, Ben Shannon, is glad nie tevrede met die stand van sake nie. “Die instandhouding van die pad is pateties. Wat hulle ook al doen is nie effektief nie en as hulle dit ‘regmaak’ hou dit vir twee maande of totdat dit weer reën,” het hy vertel.

Maandag se swaar reën het die situasie duidelik net vererger – maar daar is nou hoop.

Daar is tydelik weer grond gebruik om die gate te vul maar, “Dit sal op ‘n gereelde basis gemonitor word totdat ‘n permanente oplossing gevind word.

DA PR-raadslid Gerhard Kruger het gesê, “Die reënwater dam op die padoppervlak op omdat daar nie behoorlike stormwater-afvoerslote is nie. Dit veroorsaak die gate in die pad.”

Op Dinsdag, 30 Januarie het die munisipaliteit vinnig op klagtes gereageer en met ‘n tydelike oplossing vorendag gekom deur ‘n stormwater-afvoerkanaal met ‘n stootskraper te grawe.

“Dit is om die padoppervlak droog te kry sodat die slaggate met die regte materiaal gevul kan word,” het Kruger gesê.

Daar is tydelik weer grond gebruik om die gate te vul maar, “Dit sal op ‘n gereelde basis gemonitor word totdat ‘n permanente oplossing gevind word,” het Kruger belowe.

Hy het bygevoeg dat hy gereeld die probleem moet rapporteer en voel dat die pad verkieslik heeltemal oorgebou moet word. “Die hele R559 kort aandag – ons praat hier van ‘n stuk pad van nagenoeg 5km.”

Op Dinsdag, 30 Januarie het die munisipaliteit vinnig op klagtes gereageer en met ‘n tydelike oplossing vorendag gekom deur ‘n stormwater-afvoerkanaal met ‘n stootskraper te grawe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version