Oorprobleme – Uit met oorfone, diepseeduik

Danielle Cronje, oudioloog by Life Robinson Private Hospitaal gee raad oor ‘n gehoortoets vir jou kind.

Met leerders terug by die skool moedig Hearcare alle Randfontein-ouers aan om hul kinders se gehoor te laat toets.

Volgens Danielle Cronje, oudioloog van Life Robinson Private Hospitaal sal hulle, tesame met Living Links, juis gedurende die eerste week in Februarie Terug skool toe-geskenkbewyse by skole uitdeel.

As jou kind ‘n oorprobleem het en dit misgekyk word, kan dit tot gehoorverlies lei wat dan die kind se spraak, taal en akademiese prestasie nadelig kan raak.”

Volgens Danielle word kinders nie noodwendig met oorprobleme gebore nie, tensy daar komplikasies was, of as die baba lank in die Neonatale intensiewesorgeenheid moes bly, onder andere omdat die baba te vroeg gebore is.

“Oorprobleme kan enige tyd opduik. ‘n Virus, middel-oorontstekening, trauma soos ‘n motorongeluk of wanneer ‘n kind uit ‘n boom val, of harde musiek deur oorfone kan die gehoor aantas.

“Die goue reël met oorfone is dat jy nog moet kan hoor wat om jou aangaan. Voor die eindeksamen verlede jaar het ons pamflette oor die erns van die saak uitgedeel.”

Wat swem betref, het Danielle gesê, “’n Mens se ore is daarvoor gemaak, maar dit kan lei tot middeloorontsteking.” Hul praktyk maak swemproppies wat kinders kan gebruik om dit te voorkom. Dit is net met diepseeduik dat middeloordruk erg geaffekteer kan word.

Gestel jou kind het ‘n oorprobleem

As jy agterkom dat jou kind byvoorbeeld wat spraak en taalgebruik betref, nie so ver soos ander kinders van dieselfde ouderdom gevorder is nie, of as jou kind vir jou sê sy of haar ore is ‘toe’, laat liefs ‘n gehoortoets doen,” het Danielle gesê.

Moets en moenies van oorsorg

“Moet nie onnodig goed in jou ore gooi nie. Onthou dat harde musiek jou gehoor kan beskadig. Jy mag met niks kleiner as jou elmboog in jou ore krap nie, en moet glad nie jou ore met ‘n oorstokkie skoonmaak nie.

“Laat oorwas vanself uitkom. Vee dit dan met ‘n nat lap skoon. Indien daar oormatige was is, gooi soetoliedruppels in jou oor want dit maak die was sag – vee dan weer net met ‘n nat lap skoon,” het Danielle ten slotte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version