Rosa van Niekerk, 42, die huidige Mev Grand Suid-Afrika, het die Mev Klassiek Heelal-titel op 21 Januarie in Bulgarye gewen. Die Eerste prinses is Mev Indië en tweede prinses is Mev Singapoer.
Vroue van 40 jaar en ouer kon aan die kompetisie in die afdelings vir Nasionale kostuum, Talent en Aanddrag deelneem.
Vir die talentafdeling het Rosa ‘n toespraak gelewer en haar boodskap van ‘Get up, Pray up, Crown up and Rise up’ het die gehoor en beoordelaars beïndruk.
Lees meer oor Rosa hier: Resident finalist for Mrs GRAND South Africa 2017
Haar nasionale kostuum, wat ‘n proteablom uitbeeld, is ontwerp deur Miss Boss Couture en haar aanddrag is geborg deur Kyna Consili.
Rosa is getroud, het twee dogters en haar eie prokureurspraktyk in Westonaria. Sy doen liefdadigheidswerk, veral onder mishandelde vroue en kinders.
Sy is ook ‘n gekwalifiseerde grimeerkunstenaar.
Die deelnemers aan die Mev Klassiek Heelal-kompetisie is getrakteer op toere deur die Bulgaarse hoofstad Sofia. Die kroningsaand het in die balsaal van die Montecito Hotel in die stad plaasgevind.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!