Pretdag vir Riebeeckrand se Graad 8’s

Die seniorraad het vroegoggend die Graad 8-leerders verwelkom en onmiddellik laat tuis voel - Elzeri Wright.

Op Dinsdag, 16 Januarie, het Hoërskool Riebeeckrand se nuwe Graad 8- leerders ‘n pretdag gehad, sodat hulle hul Hoërskoolloopbaan op ‘n hoë noot kan afskop.

Die dag was vol pret en plesier! Die seniorraad het vroegoggend die Graad 8-leerders verwelkom en onmiddellik laat tuis voel.

Die Graad 8’s het aan verskillende aktiwiteite deelgeneem. Foto: Ingestuur.

” Die Graad 8-leerders het saam met die seniorraad gekuier, op glybane baljaar en hul gate uit geniet by die verskeie boeresportsoorte – dit was voorwaar ‘n treffer. ” sê Elzeri Wright, Hoërskool Riebeeckrand se verteenwoordiger.

Die Graad 8-leerders het ook die skoolgronde verken en heerlik aan die skool se splinternuwe snoepie se kos gesmul.

Glybaan pret vir die Graad 8’s. Foto: Ingestuur.

Hoërskool Riebeeckrand se nuwe Graad 8-leerders is reeds deel van die riebeeckrandfamilie en sien uit na die opwindende jaar wat vir hulle voorlê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version