Onnodige oponthoud by kruising

Volgens Ellik is daar geen rede waarom die verkeer in die rigting van Randgate ook moet stilhou wanneer die groen pyltjie wys nie.

Ellik de Lange, DA-raadslid vir Wyk 6, het aan die Herald uitgewys dat die verkeersligte by die kruising naby die ingang van die deurryfasiliteit van ‘n kitskosplek by Tambotie-winkelsentrum nie op ‘n logiese wyse gestel is nie.

Hy het verduidelik dat Tambotieweg drie bane in die rigting van Randgate by die kruising by die winkelsentrum het, waarvan een baan uitsluitlik bedoel is vir verkeer wat regs na die sentrum toe draai.

Die kruising met die drie bane, waarvan een baan uitsluitlik bedoel is vir verkeer wat regs na die sentrum toe draai.

“Wanneer die verkeerslig vir verkeer in Tambotieweg rooi is, moet verkeer in albei rigting stilhou terwyl die groen pyltjie ryvoorrang gee vir dié wat winkelsentrum toe wil gaan,” het Ellik gesê.

Volgens hom is daar geen rede waarom die verkeer in die rigting van Randgate ook moet stilhou wanneer die groen pyltjie wys nie. Hy sou wou sien dat die verkeersligte so gestel word dat die verkeer in die rigting van Randgate ook kan ry wanneer die groen pyltjie wys, terwyl die verkeer in die teenoorgestelde rigting by die rooi verkeerslig moet wag.

Ellik het vertel dat hy die voorstel al ‘n geruime tyd gelede by die betrokke owerhede ingedien het, maar dat hy nog geen terugvoering ontvang het nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version