Local newsNews

30 kinders uit huise van bewaring bederf

" Dit was 'n wonderlikde dag wat deurgebring is saam met die kinders." - Pastoor van Schalkwyk.

Turn to Eternal Life Ministries (Ttel) het in Desember verlede jaar ‘n Kerspartytjie gehou vir kinders wat van hul ouers weggeneem is omdat die ouers dwelmslawe is.

Landdros Elbie Botha, Elna Cunningham en Bridey (wag net vir haar van) van die Randfontein Landdros- en Kinderhof het gevra of Ttel sal help om Kersfees vir die kinders daar spesiaal te maak.

Suné Schutte en pastoor Edward van Schalkwyk van Ttel het die oorspronklike tema van die ‘Biker’-Kersvader deurgevoer. Johann Jordaan, een van Ttel se motorfietsklubvriende was die ‘Biker’-Kersvader wat met ‘n Trike (tricycle/ driewielmotorfiets) daar aangekom het.

Hulle bedank graag al die borge wat die kinders se dag lekker en spesiaal gemaak het.

Adlam Shell Garage het vir die geskenk- en lekkergoedpakkies gesorg, Greenhills Spar het die rolletjies geskenk en die Deli in Krugersdorp het wors geborg.

Ttel het koeldrank, ekstra lekkergoed en springmielies vir die kinders voorsien.

“Dertig kinders uit verskillende huise van bewaring was daar en elke liewe liefiekind het ‘n geskenk gekry,” het Sune vertel.

“Dit was ‘n wonderlike dag saam met die kinders. Ons is gevra om dit vanjaar weer vir hulles spesiaal te maak,” het Edward bygevoeg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button