Local newsNews

Boeresport, perdry vir minderbevoorregtes

Ryskool van Loumarina-plotte hou boeresport en laat drome waar word!

Die Mi Yehenraine Ryskool, ‘n niewinsgewende organisasie het van Vrydag, 5 tot Sondag, 7 Januarie ‘n gemeenskapsprojek in Loumarina-plotte aangebied.

Nagenoeg 120 minderbevoorregte kinders het kos ontvang en daar was allerhande soorte pret vir oud en jonk, onder andere die geleentheid om perd te ry en aan boeresport deel te neem.

Volgens Lorraine Gouws, eienaar van die ryskool gebruik hulle perde om kinders met emosionele probleme te help.

Dit maak ‘n groot verskil in hul lewens,” het Lorraine gesê.

Lizel Pieterse, 16, wat haar lewe lank gedroom het om haar eie perd te besit, se droom is bewaarheid toe sy een as geskenk gekry het. Lizel se perd sal steeds by die Ryskool se stalle gehuisves word waar Lizel die res van haar drome kan laat waar word, “… met die genade van die Almagtige Vader”.

Vrydag het die Ryskool ook ‘n pragtige perd vir ‘n minderbevoorregte kindjie, die 12-jarige Pikkie Liebenberg as verjaarsdaggeskenk geborg, en ook haar grootste droom waargemaak. Hierdie perd sal ook by die Ryskool se stalle gehuisves word. Pikkie kan wanneer sy wil tyd daar aan haar perd bestee.

Lizel Pieterse, wat 16 jaar oud is, met haar eie, nuwe perd. Foto ingestuur.

Martin van der Merwe, een van die Loumarina-plotbewoners, het bale voer en bande vir die dag geborg. Frik en Annatjie van Rensburg word ook bedank vir die koeldrank en skyfies wat hulle geborg het.

Hennie de Beer, ‘n Sassa-pensioenaris, het die kinders vervoer. Mac Van Zyl en sy vrou van EPR het ook gehelp om baie kindertjies gelukkig te maak.

Lorraine wil weereens vir almal wat deel van hierdie naweek was, baie dankie sê veral Jayden Botha en Leticia Spengler van Barcelos Flam Grilled Chicken wat omtrent 120 monde gevoer het.

Dankie aan die gemeenskap wat hand bygesit het. Ons wil dit baie graag ‘n gereelde instelling maak sodat almal dit kan geniet en meer kindertjies se hartjies verbly kan word,” het sy gesê.

Lorraine bied ook rylesse vir beginners aan. Kinders van alle ouderdomme is welkom. Daar is 16 perde wat by die ryskool versorg word. Hulle bied ook Pony Camps aan.

Sy vra dat mense gebruikte ryklere sal skenk vir die kindertjies wat dit nie kan bekostig nie.

Enigiemand wat deel wil wees van toekomstige geleenthede of iets wil borg, of meer inligting oor die rylesse nodig het, kan Lorraine gerus kontak by 062 826 4637.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button