NewsSchools

VIDEO: Jannas-matrieks oor hul toekoms

Jannas-matrieks van 2017 vertel wat hulle beplan om te doen.

Matrieks van Hoërskool Jan Viljoen het nie geskroom om van hul planne vir die toekoms te vertel nadat hulle hul matriekuitslae op Vrydag, 5 Januarie ontvang het nie.

Landswyd het matrieks die nasionale slaagsyfer van 76,5 persent by hul betrokke skool met vonkelwyn en glimlagte gevier. Dit is ‘n 0,3 persent verbetering op die 2016-matrieks se slaagsyfer en by Jannas was daar nie ‘n tekort aan vreugde nie.

Marelize Botha en haar ma Magda Reynolds.

‘n Groep leerders het selfs vir die Herald van hul toekomsplanne vertel.

Een van die jong dames het vertel dat sy ‘n lugwaardin of vlugkelner wil word, terwyl ‘n ander graag vroue met grimering op ‘n passasierskip wil bederf.

Kyk hier:

Van die jong manne het genoem dat hulle verder wil studeer terwyl ‘n ander in die mynbedryf wil gaan werk.

Oor die algemeen was almal trots op hul prestasies en sien uit na die pad vorentoe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button