Local newsNews

Dorp se nuwejaarsvoorneme vir 2018

Die Herald onthul 'n paar nuwejaarsvoorneme van inwoners van Randfontein.

2018 is hier en die Herald het die gemeenskap gevra wat hul nuwejaarsvoornemens is.

Die antwoorde het op ‘n snaakse manier begin, toe een inwoner gesê het, “Tot 10 te tel voor ek …”

Ems Nicholson het sê, “Nog nader aan my Skepper te leef, op hou om mense in die rede val en meer tyd met my geliefdes en familie deur te bring.” Julien van den Berg wil graag meer tyd met sy familie spandeer en gesonder te lewe.

Een dame het geskryf dat sy minder bekommerd wil wees oor dinge waaraan sy niks kan doen nie en haar self meer geniet. Michelle Engelbrecht wil gewig verloor en hulle toekoms verbeter.

‘n Optimistiese inwoner skryf, “Om dag vir dag voluit te leef. Om minder te kla oor alles. Mekaar te respekteer. Nog baie jare in Randfontein te woon … want Randfontein is tops!

Nog ‘n positiewe boodskap was om te vergeet van alles wat jou negatief maak en op te staan en veg vir dit wat reg is, en maak die jaar mooi.

‘n Doelgerigte ma skryf, “Om sement te meng en elke slaggat voor die skool te gaan opvul … sodat my kar wat nog nuut behoort te wees … minder skade sal hê.”

‘n Ander vrou se mooi boodskap was dat almal werk moet kry en die kinders elke aand ‘n bord kos het en ‘n dak oor hulle koppe het. ‘n Treffende kommentaar was, “Om ‘n beter mamma te wees.”

Verder het verskeie ander mense as volg geantwoord:
• Niks want die helfde van die mense kom dit nie na nie
• Om ‘n double-cab bakkie te koop …
• Ons almal het ons drome … nakom of nie
• Om aan te hou om ‘n verskil te maak in ander se lewens en om meer mense te bereik wat hulp nodig het.
• Te oud vir vooruit beplanning…dankbaar vir elke dag as ek my oë oopmaak
• Net om myself te wees
• To stop chasing after people that don’t seem to care and spend more time with the people that matter

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button