Martie – propvol talente en gawes

Haar doel is om vrouens se vaardighede, kreatiwiteit en selfvertroue te ontwikkel.

‘n Plaaslike vrou met vele talente se hoof doel is om mense te help besef wat hul waarde in Jesus is.

Martie Colyn, 55, woon reeds 37 jaar in die dorp. Sy is getroud en is die troste ma van een dogter. Martie het baie gawes en talente en maak gebruik van haar talente op besonderse maniere.

Martie maak gebruik van haar gawes en talente.

Sy is georden as Pastoor en is tans besig met haar meestersgraad in berading.

Oribelle Ministries, waarvan Martie die stigter is, is ‘n Bybel, profetiese, berading, musiek en kuns skool wat mense wat gebroke is inneem en help om hul weer heel te maak.

“Die naam Oribelle beteken ‘Pragtige goue dogter’ en is ideaal vir wat ek doen,” het Martie gesê.

Martie se passie is meestal vroue, alhoewel haar deur vir almal oop is. Haar daaglikse lewe is egter provol met pogings om ander te help, onder andere deur berading. Die berading behels ook ‘n aanlyn kursus wat persoonlike kursusse insluit. Die kursus stel op die ou einde die betrokke persone in staat om weer ander te help. Sy is ook betrokke met Neethling Brain Instruments (NBI) wat persone help met breinvoorkeure soos werk profiele, onderrig profiele en dies meer.

Martie maak gebruik van haar gawes en talente.

Sy is ook betrokke met pastorale berading, profetiese skool en bied kuns-werkswinkels aan.

“Die kuns-werkswinkels bring alles bymekaar vir my. Deur die kuns gee ek berading,” het Martie gesê.

Haar doel is om vrouens se vaardighede, kreatiwiteit en selfvertroue te ontwikkel. Sy glo so voel vrouens weer goed oor hulself.

Die werkswinkels behels stensils, piouterwerk en ander vorme van kuns.

Martie het ook ‘n groot liefde vir musiek en bied kitaar, klavier en klawerbord klasse aan. Sy het ook onlangs begin viool speel.

Martie maak gebruik van haar gawes en talente.

In haar vrye tyd maak sy juwele, en stensils. Boonop hou sy daarvan om te ontwerp.

“My grootste droom is dat elke mens veral vroue, kan sê hulle het ‘n doel. My doel is om hulle te help hul doel vind, ontwikkel en op die ou einde dit uitleef,” het Martie gesê.

Martie is egter ‘n persoon met ‘n kop vol idees wat volgens haar nooit ophou dink nie. Sy wil graag haar idees en kreatiwiteit met ander deel.

Vir meer inligting oor Martie se werke, besoek haar webtuiste www.oribelleministries.co.za of haar Facebook-blaaie Oribelle Ministries en Creatively Worthy. Sy kan ook gekontak word op 079 515 2543.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version