Local newsNews

DA bederf ons bejaardes vir Kersfees

Bejaardes van Vriendskaptuiste is kort voor Kersfees met geskenke bederf.

Oudergewoonte het DA-raadslid Craig Harrison en PR-raadslid Eddie Krog vir die bejaardes van Vriendskaptuiste ‘n vroeë Kersfees gegee.

Volgens Eddie is dit ‘n jaarlikse instelling vir Wyk 5 en 7 om ‘n geskenkpakkie en iets lekkers aan die bejaardes van Vriendskaptuiste uit te deel.

Die raadslede, komiteelede en lede van die gemeenskap wat hand bygesit het.

Op Saterdag 9 Desember het die raadslede, komiteelede en lede van die gemeenskap nagenoeg 300 bejaardes met ‘n geskenk, heerlike koek en kolwyntjies bederf. Gemeenskapslede en Randgate Spar het bepaalde geskenke geborg.

Die bejaardes was baie opgewonde en sommiges het aan die Herald vertel dat dit hul enigste Kersgeskenk sal wees.

“Ons het ongeveer vyf jaar gelede met die inisiatief begin en dit is ons manier om terug te gee aan die gemeenskap,” het Craig gesê.

‘n Vrou wat in die buiteland woon en haar ma dié dag in die Tuiste besoek het, het aan die Herald vertel dat sy baie dankbaar is dat die gemeenskap haar ma so bederf. Die onthaal was vir albei ‘n groot verrassing.

Die tehuis se gange was bedrywig met almal wat geselsies aangeknoop het en vreugde vir die bejaardes gebring het. Eddie het vertel dat hulle die tradisie wil laat voortleef en so oor die Kerstyd ‘n glimlag op eensame bejaardes se gesigte wil sit.

“Baie dankie dat julle na ons omsien en vir ons veg,” het Stienie Roux gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button