MunicipalNews

Greenhillslaan – om te teer of nie te teer nie

Met die onlangse reën was die paaie onder water en heelwat voertuie is beskadig.

Die afgelope jaar het die gemeenskap verskeie klagtes by die munisipaliteit ingedien oor slaggate wat hul motors beskadig en ‘n groot veiligheidsrisiko inhou.

Slegs gedeeltes van Greenhillslaan is ongeveer twee maande gelede oorgeteer. Mense wat gereeld die gedeelte van Greenhillslaan gebruik wat verder weg is en wat nie opgeknap is nie, voel afgeskeep en glo dat hul klagtes op dowe ore val.

Edette wys sy het rede om oor die slaggate te kla.

Edette Esterhuyse, 21, woon haar lewe lank in Greenhills en kan nie onthou dat daar al ooit aandag aan slaggate in haar woongebied gegee is nie. Sy het die Herald gaan wys in hoe ‘n haglike toestand die paaie is wat sy daagliks moet gebruik.

“Voorheen kon jy met ‘n alternatiewe roete huis toe ry, maar deesdae is al die roetes besaai met slaggate. Die ergstes is in Robina- en Firweg asook Greenhillslaan,” het Edette gesê.

Sy het vertel dat mens ‘n viertrekvoertuig nodig het om jou bestemming te bereik.

Lees ook: Maak asb ons paaie veilig vir almal

Met die onlangse reën was die paaie onder water. Motoriste wat nie so vertroud is met die paaie nie, weet nie waar die slaggate is nie en heelwat voertuie is as gevolg daarvan beskadig.

“Ons bure het al verskeie kere self die slaggate opgevul, maar dit is nie hulle verantwoordelikheid om die paaie te herstel nie,” het Edette gesê.

Dit is vir haar ‘n verleentheid dat hul vriende en familie wat nie in die dorp woon nie, die onrybare paai moet aandurf om vir hulle te kom kuier.

Die Herald het die munisipaliteit se woordvoerder, Tshidiso Tlharipe, ingelig oor die ongelukkigheid onder die inwoners en hy het gesê dat daar in die loop van die dag aandag aan Pine- en Robinaweg gegee sal word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button