Is jy gereed vir ‘n troeteldier?

Doret het verder vertel dat dit baie belangrik is dat inentings deur ‘n veearts gedoen word.

‘n Troeteldier verg nie net baie tyd en aandag nie, hy kan jou ook baie geld uit die sak uit jaag. Die afgelope tyd het verskeie gemeenskapslede die Herald inligting gevra oor inentings en ander belangrike veeartsbesoeke.

Die Herald het onlangs met dokter Doret du Plessis van die Culemborgpark Dierekliniek gaan gesels en sy het die volgende inligting voorsien.

Godfrey Moholehi, Zara die Jack Russel en dokter Doret du Plessis.

Inentings:

“Jou klein hondjie of katjie is baie meer vatbaar vir siektes. Hulle kry gewoonlik by geboorte ‘n bietjie beskerming in die vorm van teenliggaampies uit die ma se biesmelk. Hierdie moederlike teenliggaampies hou slegs vir ‘n kort rukkie en dan moet die jong diertjie sy eie immuniteit ontwikkel. Inentings stimuleer die dier se liggaam om teenliggaampies teen virusse en bakterieë te vervaardig,” het Doret gesê.

Sy het verder vertel dat dit baie belangrik is dat inentings deur ‘n veearts gedoen word. Sy het ook vertel dat as ‘n dier wat reeds siek is, ingeënt word, die dier net sieker word. ‘n Reeks inentings is baie belangrik om die diertjies se immuniteit te stimuleer om teenliggaampies teen die ernstige siektes te vervaardig.

Sy het die volgende riglyne gegee:

• Klein hondjies word gewoonlik drie keer ingespuit – drie tot vier weke uitmekaar. Die eerste inenting is op ses weke ouderdom, dan nege weke en dan 12 weke.

• Klein katjies word gewoonlik twee keer ingespuit, ook drie tot vier weke uitmekaar. Die eerste is op nege weke, en dan weer op 12 weke.

• Hondsdolheidsinenting word op 12 weke gedoen, en moet binne vier weke herhaal word.

• Volwasse diere moet jaarliks ingeënt word om hul immuunstelsels te “herinner” om teenliggaampies teen die siektes te vervaardig.

Honde word ingeënt teen hondesiekte (distemper), katgriep (parvovirale enteritis), aansteeklike hepatitis (adenovirus), respiratoriese siektes (Parainfluenza-virus) asook hondsdolheid. Katte word ingeënt teen panleukopenie, herpesvirus en kalisivirus asook hondsdolheid.

‘n Ander baie belangrike inenting is vir parasietbeheer.

Baie belangrike besoeke aan die veearts:

• Ontwurming: Klein hondjies en katjies moet ontwurm word vanaf twee weke ouderdom. Hulle kan elke twee weke ontwurm word tot op 12 weke en daarna elke drie maande.

• Bosluisbeheer: Daar is nou baie gevalle van bosluiskoors by honde. Daar is goeie produkte op die mark beskikbaar, en sluit in tablette (maandeliks of driemaandeliks) of vloeistof wat op die dier aangewend word (spot on-produkte).

Doret moedig die gemeenskap aan om hul dierekinders gesond te hou en so enige onnodige veeartsbesoeke uit te skakel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version